Action Society ondersteun Residentia-inwoners met Raak Betrokke-inisiatief

Die voortslepende onderbrekings in krag- en watervoorsiening in Bethal, Mpumalanga, het ‘n punt bereik waar bejaarde inwoners nadelig beïnvloed word. Residentia Palm Oord, wat omsien na 90 bejaarde inwoners, moet nou alternatiewe versorgingsmetodes in plek sit om veral hul verswakte inwoners te versorg.

Volgens Ilse Haasbroek, hoofbestuurder van versorging vir Residentia Oorde, is die krag- en waterkrisis in Bethal reeds vir ‘n geruime tyd ‘n probleem. “Dit is besig om in ‘n krisis te ontaard omdat bejaardes op die voortreflike versorging wat hul toekom moet inboet. Wanneer die son sak is die oumense genoodsaak om sonder warm water en in die donker oor die weg te kom. Om verswakte inwoners sonder die nodige hulpmiddele te versorg is uiters uitdagend. So óók om vir 90 bejaardes kos te maak sonder elektrisiteit en water,” sê sy.

Action Society is bekommerd dat die plaaslike munisipaliteit die gemeenskap van Bethal faal deur nie genoegsaam op te tree en die krisis op te los nie. “Ons doen ‘n beroep op die publiek om ‘n helpende hand na bejaardes van alle gemeenskappe uit te steek. Action Society se Raak Betrokke–inisiatief bied ‘n uitstekende platform vir mense regoor Suid-Afrika om sonder baie inspanning ‘n impak te maak. Ondersteuners van die die projek kan betrokke raak deur maandeliks ‘n kospakkie of toiletware te skenk,” sê Daleen Gouws, woordvoerder van Action Society.

Action Society is ‘n burgerregte-organisasie wat hom beywer om die kwesbares in die samelewing se stem weer hoorbaar te maak. Action Society poog om deur middel van sy ondersteuningsnetwerk te veg vir geregtigheid en verandering, en só ‘n verskil in gemeenskappe te maak. 

“Die raamwerk van Action Society se burgerregte-stelsel bied ‘n gepaste en gesonde oplossing waarmee ons die harde werklikhede, waarmee ons daagliks gekonfronteer word, kan herstel,” sê Gouws.

Indien u ‘n verskil wil maak besoek gerus: https://www.actionsociety.co.za/get_involved.

UITGEREIK DEUR: Action Society
DATUM: 12 JUNIE 2020
VIR MEDIA NAVRAE, KONTAK:
Daleen Gouws,
Woordvoerder: Action Society,
Tel: 0812338351

Is there justice in SA?

At Action Society, we often see delays in the justice system. What do you think? Have you experienced this too?

Become a Society Superhero and help us to give a voice to the voiceless.

Subscribe
Action Society will protect and save all relevant personal information as described in the applicable legislation and shall only use such personal information for the purpose stated herein. With completing the above form you agree and confirm that Action Society may contact you in future. We thank you for your support.
#SwitchOffGBV

Become an action hero by joining Action Society and help us give a voice to the voiceless.

Action Society will protect and save all relevant personal information as described in the applicable legislation and shall only use such personal information for the purpose stated herein. With completing the above form you agree and confirm that Action Society may contact you in future. We thank you for your support.