Sommige organisasies, waaronder Action Society, het reeds die president se besluit verwelkom, hoewel die polisieminister se kop nou ook geëis word.
“Die beëindiging van Sitole se dienste is ‘n klein stappie in die regte rigting, maar min. Bheki Cele moet ook afgedank word, terwyl ‘n onafhanklike paneel aangestel word om ‘n bevoegde nasionale kommissaris te kies.” meen Ian Cameron, direkteur van gemeenskapsveiligheid by Action Society.
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/sitole-se-kontrak-as-polisiehoof-beeindig/