Ian Cameron, woordvoerder van Action Society, sê die jongste misdaadstatistieke behoort genoeg rede te wees vir die president om die nasionale polisiekommissaris Khehla Sitole en die minister van polisie Bheki Cele in die pad te steek.
“In vergelyking met die tweede kwartaal is daar niks waarop die SAPD trots kan wees nie.
“Action Society beveel aan dat ‘n ekstrerne paneel van polisiëringskenners aangestel moet word om die hele bestuur van die polisie te herstruktureer – volgens meriete en nie politieke verbintenisse nie.
“Die komitee moet saamgestel word uit individue wat verstaan wat dit beteken om deur die range te werk en ook voldoende teoretiese kennis hê om te bepaal wie die volgende nasionale polisiekommissaris, adjunk-kommissaris, streekskommissarisse, hul adjunkte en ander top- provinsiale poste moet beklee”
https://maroelamedia.co.za/nuus/sa-nuus/misdaadstatistieke-cele-se-kop-moet-rol/